Geloof

GELOOF

Laat ons styf vashou aan die geloof wat ons bely, want
God is getrou.  –  Hebr. 10:23

As ek so stil sit langs ‘n stroompie water, tref dit
my opnuut hoe geloof nét soos ‘n waterstroom is.  Soms mag ek vol geloof wees, ander tye weer
nie so heeltemal vol nie, maar dit hou aan met vloei, altyd besig om my te
onderskraag en met moed en durf te vul.

Soms mag my lewe rustig en stil verloop, en ander tye
weer kan dit verander in een gróót krisis wat my tótaal omvergooi, maar deur
dit alles heen gee my geloof my die moed en krag om áán te hou met áánhou, soos
die stroom water wat maar net aanhou loop. 
My gelóóf in God verseker my dat die lig áltyd skyn, *selfs* agter die dónkerste
wolk – Hy hóór my roep en Hy lúíster.

Selfs die kleinste bietjie geloof is hééltemal genoeg
om my te laat voortgaan op my pad van lig. 
Ek glo Hy wat *in* my woon, stap saam met my op my lewenspad, en die
geloof wat ek op ‘n spesifieke oomblik het, maak my sterk vir die volgende
oomblik.  So blý my geloof aan die vloei
in en deur élke oomblik van my lewe – voortvloeiend soos die waterstroom.

Gebed:  God *is*
getrou – *dit* GLO ek!!!


~ Uit Daelikse
Woord ~
 
Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer
daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe
uitgestuur kan word nie.)

Boodskappe
beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen
@ gmail.com





from Blogger http://ift.tt/207rNNY

Leave a comment