Category Archives: Die Seun van God †

Die Seun van God †

Die Seun van God
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom
oorgegee om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met
Hom skenk nie? – Rom. 8:32
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy Seun na die wêreld gestuur het
sodat sondaars wat in Jesus glo nooit verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe
kan hê.  Dit het Jesus self vir Nikodemus
gesê toe hy in die nag na Hom toe gegaan het (Joh. 3:1-21).
Dit is altyd moeilik vir ouers om hulle kinders te laat gaan – of dit
nou vir die eerste keer skool toe of universiteit toe is, en of dit is wanneer ‘n
kind trou en vir goed die huis verlaat. 
Elke keer wanneer ouers hulle kinders uit die huis stuur, probeer hulle
hul bes om dit vir hulle kinders so veilig en gerieflik moontlik te maak.  Maar toe God sý  Seun na hierdie wêreld toe gestuur het, het
Hy goed geweet dat Jesus se hele aardse bestaan lyding sou inhou, wat
uiteindelik sou uitloop op die lyding aan die kruis. Die heel ergste is dat God
ook geweet het Hy sou nie daar wees toe sy Seun Hom die heel nodigste sou hê
nie.  Aan die kruis het  Hy Jesus die sonde van die hele mensdom alléén
laat dra sodat ek en jy sy kinders kan wees.
Jesus is die lewende bewys van God se liefde vir mense, van God se
liefde vir jóú.  God het sy Seun gestuur
sodat jy, omdat jy in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
Het jy al God se genade-aanbod aanvaar?
Here God, dit laat my sprakeloos dat U u Seun
na die wêreld gestuur het om in my plek te ly, dat U Hom aan die kruis verlaat
het sodat ék u kind kan wees.  Baie
dankie vir u genade.
Nina Smit
 
Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie. 
Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen
boodskappe uitgestuur kan word nie.)
Boodskappe
beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen
@ gmail.com

from Blogger http://ift.tt/20TgJEx