Category Archives: God maak *óns* hand oop!

God maak *óns* hand oop!

God maak   *óns*  hand oop!

U maak my hand oop, hulle word
versadig met die goeie.  –  Psalm 104:28 (OV)

In die stralende glans van God se drie diamante:  lig, liefde en krag, word ons geseën met
oorspronklike idees, skeppende energie en grenslose geleenthede tot verdere
groei en voorspoed in ons lewens.  God géé
dit nie net vir ons of wág dat óns dit uit sý hand uit haal nie.  *Hy máák eintlik ons hand óóp om dit sélf vir
ons te gee!*

Wanneer ons bid, word ons ontvanklik vir nuwe idees
wat ons tot ons eie heil kan toepas in ons lewens.  Met ons gedagtes áltyd oop vir God se lig en
leiding, dra alles wat met ons gebeur by tot ons geestelike groei en uiterste
beswil.  Énigiets of énige gedagte wat
ons in die geringste mate laat twyfel aan Sý liefdevolle sorg, vernietig ons ónmiddellik
in die die lig van Sy liefde en krag.

Ons gebruik die goeie gawes wat God aan ons gee, want
hy gee ons nét goeie gawes.  En ons
ondervind voorspoed op elke gebied van ons lewens:  ons is gesónd, lewenslústig, gelúkkig en suksésvol.  Vir hierdié sukses wat ons behaal, die
gesondheid en lewenskrag wat ons ervaar, die liefde en lig wat ons lei, sê ons
reeds nou terwyl ons hier lees, en vir ewig, dankie-dankie-dankie dierbáre
Vader!

Gebed:  Dankie Here, vir  ÁLLES wat Ú vir my gee Élke dag van my lewe!


~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~
 
Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie. 
Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen
boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe
beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen
@ gmail.com





from Blogger http://ift.tt/1O721pd